America's Cup

America's Cup
2021 America's Cup
Beskrywing.
Die trofee waarom meegeding word

Sportsoort Seiljagwedvaart
Gestig 1851
Inwydingseisoen 1851
Aantal spanne 2
Mees onlangse kampioen Vlag van Nieu-Seeland Emirates Team New Zealand, Te Rehutai (2021)

Die America's Cup (of Auld Mug) is 'n seiljagwedvaart wat elke drie of vier jaar gehou word. Dit is die eerste keer in 1851 aangebied en word as die belangrikste seiljagvaart ter wêreld beskou.[1] Sommige mense beskou dit as die oudste internasionale sportbyeenkoms. Dit is wel die oudste sporttrofee waarom vandag nog meegeding word.[2] Die eerste wedvaart is deur The Royal Yacht Squadron georganiseer. Die kompetisie is na die eerste wenner daarvan, 'n skoener genaamd America van die New York-seiljagklub, genoem.

Die wedvaart vind tussen twee seiljagte plaas. Die eerste, die verdediger, verteenwoordig die seiljagklub wat tans die titel hou. Die tweede, die uitdager, verteenwoordig die klub wat die titelhouer daarom uitdaag. Die reëls van elke wedstryd word vooraf deur die verdediger en die uitdager opgestel.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. (en) "About America's Cup". Sir Peter Blake Trust. 2 Augustus 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy